• Swartland Veteraneklub
  • Swartland Veteraneklub
  • Swartland Veteraneklub
  • Swartland Veteraneklub

Swartland Veteraneklub

Malmesbury – Woensdag 20 September is n klub vir die bewaring van veral veteraanplaasgereedskap gestig – die Swartland  Veterane Klub. Die stigting van die klub was eintlik die formalisering van aktiwiteite wat lank reeds in die Swartland bestaan,naamlik die versamel, restoureer en domonstreer van n groot verskeidenheid landbougereedskap.

Die nuutgestigte klub sa die belangstelling van versamaarlaars in die ditrikte van Moorreesburg, die Riebeke en Malmesbury saamsnoer. Talle Swartlanders  het veteraanplaasgereedskap, sommige daarvan juwele. Lesers weet waarskynlik ook van die werk van Piet Serdyn, die koetsbouer van Moorreesburg. Die baie suksesvolle oesdag wat n paar jaar gelede op Moorreesburg gehou is en die jaarlikse ploegdag op Welgemeend, Malmesbury, bewys ook dat die versamelstukke in die gemeenskap gebruik en gedemonstreer word.

Die groot kontingent Swartlanders wat die pas afgelope BolandseLandbouveterane – expo in die Paarl met hulle trekkers gekomplementeer het, asook die 35 voornemende lede(tans 82 lede) wat die stigting vergadering op Riebeeck- Wes bygewoon het, bevestig die lewensvatbaarheid van die klub. Die Swartland klub funksioneer as satellietklub van die grootste klub in die land, die Wes – Kaapse VeteraanTrekker- en- Enjinklub,op sy beurt lid van die Suid- Afrikaanse Federasie van die Trekker- En- Enjinklubs

Die veterane klub bied ook verskillende dae en naweke aan soos die Ploegdag, Oesdag, Familie-naweke en ook Steak etes,wat almal natuurlik hulle trekkers self vervoer na die geleentheid toe. Dit word dae voor die tyd beplan met een vergadering na die ander om al die reelings agter mekaar te kry.
Die Ploegdag 2007 was n groot sukses en het ook n jaarlikse instelling en n tradisie geraak vir al die lede met hulle veteraan trekkers om ook die naweek in n sirkel te kamp en tot i.n die oggend ure te sit en kuier.

Die eerste aptelike ploegdag het in 2007 op Welgemoed,Fanie Basson, se plaas plaasgevind. Elke jaar is daar ook verversings soos hamburgers, boereworsrollietjies, bier, koeldrank en natuurlike moerkoffie en n beskuitjie saam met n Biltongstallietjies het die tradisionele eetgoed vir die dag afgerond. Elke jaar is daar n groep musikante wat op n sleepwa sit en speel en almal se voete behoorlike laat rondtrap en in die agtergrond is ook n veteraan trekker in aksie op die lande.

Die oesdae strek gewoonlik oor twee dae,maar om uit tekamp en die hele naweek saam met al die veteraan eienaars te kuier is natuurlik n groot joluit. Die dag is bekend vir sy groot mate in die chronologiese ontwikkeling van die oespraktyk,waar die sny van die graan met sekels en sense, hoopdra en gerwe-wa-laai gedomostreet word voordat die meganisie –aspek met snymasjiene, dorsmasjiene, stropers en balers aan die orde van die dag kan kom.

Steaketes en Famielienaweke vind ook plaas in die Swartland Veterane Klub. Elke jaar groei dieaantal toeskouers na ons suksesvolle dae toe om die prêt en opwinding te deel van ouds af. Daarsaltyd baie te doen en te sien vir jonk en ouds.